Akademie

'n Suksesvolle skool is een waar akademie die fondasie van die skool is.  By Die Anker is akademie vir ons die nommer een prioriteit.  Nie net sodat elke leerder sy Nasionale Senior Sertifikaat sal verwerf nie, maar ook sodat elke leerder wat sy skoolloopbaan by Hoërskool Die Anker voltooi toegerus is met kennis en vaardighede om as 'n volwaardige volwassene sy plek in die samelewing en beroep vol te staan!

Gekwalifiseerde onderwysers, gemotiveerde leerders en merkwaardige fasiliteite is sleutel tot die akademiese suksesse wat ons tot dusver behaal het.  Ons word, sedert ons bestaan, nog elke jaar as een van die Top 10 Akademiese skole in die Ekurhuleni-distrik aangewys.

Ons spog met die wydste vakverskeidenheid in ons streek wat die keuses vir elke Anker legio maak.